Verlede maand
Greyton dra gesogte Dorp van die Jaar-kroon
OORHANDIGING: Melinda Cloete, Hannes van Wyk, Roslyn Petersen (Greyton Toerisme) en Chris Cloete (die dryfkrag agter Greyton se veldtog). foto verskaf .  ~ 

GREYTON is die dorpie van die jaar!

In Sondagaand se episode van kykNET se joernaalprogram Kwêla is dié dorpie in die Overberg as die 11de wenner van die Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie aangewys.

En dié Wes-Kaapse dorp se naam word nou by ’n gesogte lysie wenners ingesluit.

Kareedouw het in 2020 met die louere weggestap. Die oulike dorpe Swakopmund, Jeffreysbaai, Mosselbaai, Mariental, Graaff-Reinet, De Rust, Sabie, Fouriesburg en Middelburg het ook al tot dusver die Dorp van die Jaar-kroon gedra.

Die Kwêla Dorp van die Jaar-titel word toegeken aan die dorp wat in die laaste stemweek van die kompetisie die meeste SMS-stemme kry.

Die ander twee dorpe in die top-drie was St. Francis in die Oos-Kaap (tweede) en Upington in die Noord-Kaap. (derde).

Samekomste

Nie net kan Greyton nou met ’n gesogte titel spog nie, maar Kwêla se produksiespan skiet ’n toerisme-advertensie van 45 sekondes vir dié dorp. Greyton wen ook die KIA-makietie wat in die dorp gehou sal word sodra openbare samekomste weer toegelaat word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters