3 dae gelede
Grendeltyd maak August kreatief
 August­ van der Westhuizen
NUWE KLANKE: August­ van der Westhuizen het in die grendeltyd musiek geskryf vir sy album wat volgende jaar uitgereik word.  ~ Peter Abrahams

DIE talentvolle saxofoonspeler August van der Westhuizen, oftewel August West, het in die grendeltyd lekker nuwe musiek geskryf.

Die musikant vertel hy beplan ’n album vir volgende jaar en is baie opgewonde oor die nuwe dinge wat die Here vir hom doen.

“Die Here is altyd daar, al voel dit nie so nie. Hou moed – alles werk ten goede mee.”

Hy verklap dat hy saam met ’n groot plaaslike rapper gewerk het.

Dankbaar

“Ek was bevoorreg om ’n lied saam met die rymkletser Early B te doen vir sy nuwe album wat binnekort uitgereik word.

“Ek is dankbaar dat ek nog kan werk in die grendeltyd. Dit was nie maklik nie, maar onlangs was dit vir my weer ’n fees om saam met die grapjas Quinton Manuels te kon optree.”

Julle kan ook uitsien na ’n optrede van West saam met die Cape Town Philharmonic Orchestra en bekende kunstenaars soos Tarryn Lamb en Marc Lottering.

Die datum vir dié optrede sal later bekend gemaak word.

Hy sê: “Ek droom nog groot. As jy elke oggend die voorreg het om ’n nuwe dag te aanskou, is dit rede genoeg om ’n verskil in ons gemeenskappe te maak.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters