3 maande gelede
KYK: Gratis show om aan fans dankie te sê
Geniet saam: Jarrad sê die doel van die show is om almal te bedank vir hul ondersteuning. FOTO VERSKAF  ~ 

DIS nou wel dae ná Kersfees, maar ons is steeds in die feestyd.

En ná die jaar wat 2020 was en steeds is, kan ons doen met ’n bietjie feestelikheid.

Jarrad Ricketts se aanlyn Lunch­time Live, wat hy in die lockdown begin het, bied ’n show wat jy hierdie week gratis kan kyk.

Onder die gaskunstenaars is Lloyd Cele, Janice, Michael Wilson-Trollip.

Jarrad vertel: “Die show is gratis vir almal om saam met vriende en familie te geniet. Dit is ons manier om dankie te sê aan almal vir die ondersteuning wat deur die jaar aan ons span en kunstenaars gegee is.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters