15 dae gelede
Gifbek spoil nie swempret
SEXY: Busiswa spog met haar kurwes.  ~ Instagram

BUSISWA is min gespin oor wat trolls oor haar liggaam te sê het nadat sy ’n hele paar kilo’s afgeskud het.

Die plaaslike sangeres het dié week foto’s van haarself aanlyn gelaai waarin sy goed lyk in ’n bikini.

En soos die aaklige trolls maar daar buite is, wou een ou Busiswa se bubble bars.

Die ongeskikte ou het só gecomment op die sangeres se pics: “Jou grimering is baie sleg. Siende dat jy nou gaan swem, moet jy eerder sonskerm dra, man, asseblief.”

Sy’t natuurlik die troll op sy plek gesit.

Laat

“Dankie, meneer die prinsipaal. Ek’t sonskerm en grimering gedra én geswem.”

Wanneer sal mans leer om hulle nie uit te laat oor wat ons vroue dra of doen nie?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters