Verlede maand
Geniet nou Young Rock op Showmax
TOEKOMSTIGE PRESIDENT? Dwayne “The Rock” Johnson se interessante TV-reeks Young Rock is nou op Showmax.  ~ Foto Verskaf

DWAYNE “The Rock” Johnson se komiese TV-reeks Young Rock is uiteindelik op Showmax te sien.

Die reeks vat kykers op ’n reis na die oud-stoeier en akteur se dae as ’n laerskool- en hoërskoolkind, sowel as sy tyd in kollege.

Moontlikheid

Daar word ook in elke episode met ’n ouer Dwayne ’n onderhoud gevoer – kastig in die jaar 2032, waar hy ’n Amerikaanse presidentskandidaat is.

The Rock het juis in 2016 gesê ’n presidensiële bod is ’n moontlikheid vir hom.

Weens Dwayne se derra se stoeiloopbaan destyds moes die gesin gereeld trek. Dwayne moes gevolglik gereeld van skool verander.

Die gesin was nie ryk nie, so die jonge Dwayne kon nie cool klere dra soos die ander kinders van sy ouderdom nie.

Toe hy 15 was, was hy reeds ’n reus – selfs groter as sy pa – met ’n snor. Van sy medeleerders het selfs gedink hy’s ’n undercover cop, nes Johnny Depp se karakter in die destydse TV-reeks 21 Jump Street.

Toe hy 17 was, was hy reeds vele kere vir diefstal, bakleiery en tjekbedrog gearresteer.

Young Rock is só goed in Amerika ontvang, dis reeds vir ’n tweede seisoen hernu.

“Die doel is altyd om te vermaak. Dis die dryfveer agter alles wat ek doen,” het Dwayne gesê.

The Rock spog reeds met sy eie ster op die Hollywood Walk of Fame.

Hy het ook die derde meeste followers op Instagram – 256 miljoen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters