5 dae gelede
Gee jou lyf 'n lekker tyd by video launch
GROOT PLANNE: Ranny Kay stel binnekort ’n video bekend.  ~ Srabe

VANJAAR was ’n bitter, soet en suur jaar vir baie kunstenaars.

Maar as kuns jou brood en botter is, moet jy voorbereid wees op alle moontlikhede.

Ranny Kay – Gouda se “most phenomenal” rymkletser – het baie hard gewerk aan sy tweede musiekvideo, “Aspoestertjie”.

Weens die challenge van die pandemie kon kunstenaars nie studio’s betree nie, maar hy wou hom nie laat weghou van die skerms nie.

Hy meen: “Ek moet opoffer sodat ek aan die lewe kan bly.”

Kay het toe met sy produksiespan kontak gemaak en sy idee vir die musiekvideo met hulle bespreek.

“Die plan wat ek in gedagte gehad het, is om dié jaar ordentlik af te sluit met nog ’n musiekvideo wat ek op die skerms wil sit.

“Hulle almal was keen en excited. Die res is history.”

Kay het Sheneaca Reed gekontak, en dié beeldskone meisie was baie opgewonde daaroor om die rol van Aspoestertjie te vertolk.

Sy vertel: “Dis die eerste keer dat ek hierdie ervaring het.

“Die proses was nie vir my maklik nie, maar Ranny het my selfvertroue gebou.

Dankbaar

“Dis lekker om met hom saam te werk. Hy het nogal ’n oog en gevoel vir jong talent.

“Ek is dankbaar vir die geleentheid.”

WENSPAN: Ranny Kay en Stanfird Charles poseer by die mense wat saamwerk aan die nuwe musiekvideo, “Aspoestertjie”. Foto: Srabe

Stanfird Charles en Alex Charlie Cupido het die scenes direct.

Die ervare Lukes Mjoku het die kameras laat rol, waarna Jason Petersen en Lizarn Meyer die video ge-edit het.

Die musiekvideo word op 12 Desember in die H-blokke in Macassar bekend gestel. Dit begin 16:00 en toegang is gratis. Die musiekvideo kan hier teen R100 gekoop word.

Die gaskunstenaar vir die geleentheid is Brumelda “Milla G” Bell.

Spartan Records & Blaupunkt Entertainment (SRABE) maak die event moontlik.

As jy ’n video wil bestel, kan jy op Facebook vir hulle ’n message stuur, 076 278 5657 bel of ’n Whats­App-boodskap na 062 134 4915 stuur.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters