10 dae gelede
Galaxy is reeks se tuiste
AKTRISE: Vinette Ebrahim is lid van die sterbelaaide rolverdeling van die komende Showmax-reeks Skemerdans.  ~ Foto Verskaf

SHOWMAX het onlangs ’n briljante lokprent uitgereik vir die volgende Showmax Original, Skemerdans, wat van 28 April 2021 beskikbaar is.

Skemerdans is ’n neo-noir-moor­d­raaisel wat hom afspeel in die jazzklub Oasis op die Kaapse Vlakte. Die klub is die middelpunt van ’n magstryd tussen twee broers, ’n woedende weduwee en ’n georganiseerde misdaadsindikaat.

Dis grootliks gedurende die inperking in Oktober 2020 in die ikoniese klub Galaxy verfilm.

Benoemde

Die reeks van 13 halfuur lange epi­sodes handel oor die Fortune-familie, vertolk deur die Safta-wenners Kevin Smith (Isidingo), Ilse Klink (Stroomop), Brendon Daniels (Sara se Geheim); Safta-benoemde Vinette Ebrahim (7de Laan); Carmen Maarman (Arendsvlei); opkomende ster Trudy van Rooy (Sara Se Geheim); en Ceagan Arendse (Suidooster), wat in Feb­ruarie dood is.

Kyk in die lokprent uit vir verskynings deur mense soos die Fleur du Cap-wenners Sanda Shandu (The Kissing Booth) en Mbulelo Grootboom (Sara se Geheim); Comics’ Choice­-benoemde Carl Weber; Kim Syster (Binnelanders); Bongo Mbutuma (Erfsondes); en Danny Ross (Nommer 37).

Amy Jephta, die 2019 Standard Bank Jong Kunstenaar (regisseur van die rolprent Barakat en skrywer van Die Ellen Pakkies Storie en Trackers), is uitvoerende vervaardiger en reekshoof, asook mede­regisseur saam met Ephraim Gordon (vervaardiger van die rolprent Barakat en regisseur van Suidooster).

Gaan check die lokprent uit op al ons sosialemedia-platforms.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters