9 dae gelede
Gaan ondersteun gerus briljante Anslin
MAN WAT KAN: Anslin Gysman het dié Paasnaweek sy song “Never Defeated” uitgereik.  ~ Foto Verskaf

“ONS lewe word só oorskadu deur die pandemie dat ons vergeet het dat ons Skepper die dood oorwin het om vir ons ’n beter lewe te gee.”

Só vertel Anslin Gysman, wat sy nuwe single, “Never Defeated”, die afgelope Paasnaweek uitgereik het.

Die sanger wat in The Voice South Africa uitgeblink het, verduidelik die inspirasie agter dié song.

“Laat ons altyd op die kruis van Golgota fokus en ons daarop toespits om in die oorwinningskrag van Jesus te wandel. As Hy die dood kon oorwin, sal Hy sekerlik jou lot kan verander,” laat Anslin hoor.

“Die lied is geïnspireer deur die gedagte dat ons gedurende die pandemie van so baie dinge beroof is, maar ons hoop in Christus sal ons nooit beskaam laat nie.”

Pen

Anslin sê hy was bevoorreg om die single saam met die talentvolle musiekregisseur Marco van der Merwe te vervaardig.

Hierdie song kom uit Ans­lin se pen. Hy skryf ook nogal gereeld liedjies vir ander kunstenaars.

Hy voeg by hy weet die boodskap wat in hierdie lied opgesluit is, is iets wat God wil hê hy moet aan die volk verkondig.

Die sanger vertel trots dat “Never Defeated” hierdie naweek die iTunes chart gehaal het.

“Dit is lekker om te sien hoe goed die lied ontvang word,” borrel Anslin.

Ondersteun gerus dié briljante sanger en gaan laai die song “Never Defeated” op digitale platforms soos Spo­tify, iTunes­ en Deezer af.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters