18 dae gelede
Flieke vir tieners
FEESDIREKTEUR: Die Brits-Nigeriese akteur Hakeem Kae-Kazim sê die One People International Film Festival (Opiff) is ’n geleentheid om in die jeug te belê.  ~ Peter Abrahams

JY KAN na ’n paar briljante plaaslike en internasionale movies uitsien op die One People International Film Festival (Opiff).

Dit vind by die Nu Metro-cinema in die GrandWest-Casino plaas.

Die fees het vroeër in die week afgeskop en kom op 2 Mei tot ’n einde.

Die feesdirekteur en bekroonde akteur Hakeem Kae-Kazim het Dinsdagaand by die gala-opening gesê dié fees skep die geleentheid om jong mense met die nodige kennis toe te rus om hul eie unieke stories te vertel.

“Inheemse stemme is vir ons belangrik. Dit is daai stemme wat nie noodwendig gehoor word nie.

“Die filmfees gaan ook oor vaardighede wat aan ons jong mense moet oorgedra word . Ons het ’n paar briljante filmmakers hier wat werksessies gaan ­aanbied.

“Ons moet ons jong mense leer om hul stories te vertel – stories van stryde uit hul hart. Hierdie fees is ’n geleentheid om ons jong mense aan die hand te vat en in hulle te belê.”

Hakeem het bygevoeg dat hierdie filmfees ook aanlyn gekyk kan word.

Van die flieke waarna jy kan kyk, is Hard Livings (11:00 en 20:00 op 29 April), The Khoekhoe Saga (17:00 op 29 April), Schuks! Your Country Needs You (20:00 op 30 April), Barakat (14:00 op 1 Mei) en Tell My Story (17:00 op 1 Mei).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters