Verlede maand
Fiëstas steeds so glansryk
GEORGE
Vermaak: Charlton George­ is deel van vanjaar se produksie.  ~ FOTO’S VERSKAF

ANDERS ... maar steeds glansryk en inspirerend.

Dít is hoe ’n mens vanjaar se Fiësta-toekennings kan beskryf.

Ten spyte van die uitdagings van die beperkings as gevolg van Covid-19 het kreatiwiteit geseëvier om die uitvoerende kunste en gehore bymekaar te bring.

Die 11de kykNET Fiëstas vind plaas om dié werk te vereer.

Al is vanjaar se Fiësta-toekennings as gevolg van die pandemie nie soos in die verlede ’n regstreekse uitsending voor ’n groot gehoor nie, is dit wel net so opwindend soos al die vorige jare.

Legendes

Die toekenningsgeleentheid is die afgelope naweek verfilm en is 20:00 op Sondag 7 Maart op kykNET (DStv-kanaal 144) te sien.

Groot name in die vermaakbedryf neem vanjaar deel aan die produksie: Joshua na die Reën, Antoinette Kellerman, De Klerk Oelofse, Corlea Botha, Elandré, Jemma Kahn, Anna Davel, Richard September en Charlton George.

Daar is ook opkomende sterre soos die danser DfeatSA, die sanger Kyle Seconna, die aktrise en sangeres Devonecia Swartz en die jong stemme van Mia Dippenaar en Wanda Jacobs.

Soos gewoonlik gaan daar ook drie legendes vereer word met lewensbydrae-toekennings.

Hierdie toekennings gaan vanjaar aan die veelsydige akteur, filmmaker en radioman Nic de Jager, die sanger en akteur Terry Fortune en die legendariese fotograaf Bob Martin.

Benewens toekennings in 12 kategorieë wat toneel, musiek, kuns en dans insluit, is daar ook vanjaar vir die eerste keer drie Sinjatuur-toekennings wat toegeken gaan word.

Dié toekennings gaan aan kunstenaars wat tot nou toe uitsonderlik presteer het in hul loopbane.

Soos met die Blou Fiësta – die toekenning wat gaan aan ’n uitsonderlike prestasie op die feesteprogram – word die wenners van die Sinjatuur-toekennings eers op die aand van die uitsending bekend gemaak.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters