12 dae gelede
Fans moet skurk in suit groet
TATTA: Vuyo Dabula gaan nie meer in Generations: The Legacy te sien wees nie.  ~ Foto Verskaf

FANS van Generations: The Legacy gaan binnekort finaal koebaai moet sê aan Kumkani Phakade, oftewel Gadaffi.

Vuyo Dabula, die akteur wat Gadaffi speel, sê in Sunday Sun die vervaardigers het gesê hy moet kies tussen Gene­rations en die Netflix-reeks Queen Sono.

Vuyo, wat al jare op die kassie is en nou al bekend is as die gangster in ’n suit, het gesê hy wil eerder fokus op die verfilming van Queen Sono 2.

Hernu

Maar groot was die vervaardigers van Generationsse skok toe hy Queen Sono bo die SABC 1-sepie kies.

Vuyo speel die geheimsinnige love interest van die aktrise Pearl Thusi se karakter in Queen Sono.

Die eerste seisoen van Queen Sono het so goed gedoen – plaaslik en internasionaal – dat dit vir ’n tweede een hernu is.

’n Bron sê aan Sunday Sun: “Hulle het twee opsies voor hom neergesit, óf hy moes aanbly by die show óf hy moet gaan skiet aan die opkomende season van Queen Sono. Maar hy het verkies om te verkas.

“Hy het vroeër hierdie maand sy besluit gemaak.”

Jinne, ek is nogal hartseer oor ons nie meer vir Gadaffi gaan sien nie en ek is nie juis opgewonde oor sy rol inQueen Sono nie, want die eerste seisoen het maar net ses episodes gehad.

Die tweede seisoen gaan ook seker nie veel langer wees nie.

Ek hoop Vuyo het iets anders ook in die pyplyn, want hy het nou immers sy vaste inkomste by Generations prysgegee.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters