9 dae gelede
Elaine sing SA trots
GELUK: Die Suid-Afrikaanse sangeres Elaine is benoem vir ’n BET-toekenning.  ~ Gallo Images

DIE sangeres Elaine laat die Suid-Afrikaanse vlag hoog wapper daar oor die waters.

Die Suid-Afrikaanse R&B- sangsensasie, wie se volle naam Ndivhuwo Elaine Mu­kheli is, het op haar sosiale media aange­kondig dat sy vir ’n internasionale toekenning benoem is.

Die 22-jarige is benoem in die kategorie Viewers’ Choice vir beste nuwe internasionale act in die vooraanstaande Black Entertainment Television­ Awards (BET).

Sy sê: “Geduld is ’n virtue. Die hart werk op sy beste as jy nederig is en God is getrou.

“Ek sou nie hier gewees het sonder my Shining Stars (haar fans) nie. Ek is so lief vir julle.”

Gunsteling

Die naam Elaine beteken “skitterende ster” en dit is hoe die sangeres haar geliefde fans gedoop het.

Die boorling van Pretoria is die groot gunsteling om met dié BET-toekenning weg te stap. Saam met haar in die kategorie is Tems (Nigerië), Ronisia (Frankryk), MC Dricka (Brasilië), Bree Runway (Verenigde Koninkryk), Bramsito (Frankryk), en Arlo Parks (Verenigde Koninkryk).

Selfs al ken jy Elaine nie, het jy waarskynlik al haar hit song “You’re the One” gehoor.

Jy het dalk net nie geweet sy is ’n Suid-Afrikaner nie.

Dié song het haar op die map gesit en het spog al met 6,5 miljoen views op YouTube.

Elaine het in Mei haar nuutste single, “Right Now”, in Sandton, Johannesburg, ge-launch.

Dié song trek ook reeds by 1,3 miljoen views.

Sy het na Amerika getrek nadat sy ’n kontrak met Columbia Records geteken het.

Elaine, ons hou vir jou duim vas, meisie!

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters