10 dae gelede
Ed geniet dit in die suide
KUIER: Ed Westwick lê in Suid-Afrika besoek af.  ~ Instagram

DIE Hollywood-ster Ed Westwick gee sy lyf ’n lekker tyd hier in Mzansi.

Die Britse akteur, wat bekend is vir sy rol as Chuck Bass in 2007 se TV-reeks Gossip Girl, het in Johannesburg en Kaapstad vakansie kom hou.

Hier in Kaapstad was hy tuis by die ikoniese The Silo Hotel met sy pragtige argitektuur.

Toe hy in die Goudstad was, het hy oorgebly in die imposante Four Seasons Hotel The Westcliff.

Ed het ook by die Lion Sands Private Game Reserve op ’n mini-safari-break gegaan.

Sjym, ek wonder net of die Britte die akteur weer gaan toelaat daar, siende dat hulle bang is vir die “dodelike corona-variant” wat hier in Suid-Afrika gevind is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters