20 dae gelede
Duo hou nuus lite met humor
KOMEDIANT: Donovan Goliath en Davina bied die ‘Lite News Show’ op YouTube aan.  ~ Foto Verskaf

AS JY ’n light, humoristiese, en opvoedkundige program soek om te kyk, dan is Castle Lite se nuus-show op YouTube net die regte show vir jou.

Die skreeusnaakse Donovan Goliath en sy partner Davina Clarke – ’n violis – is die aanbieders van die Lite News Show.

In die show, wat uit 12 episodes bestaan, gaan Donovan en Davina die weeklikse headlines op ’n witty manier saamvat wat Suid-Afrikaners sal laat skaterlag.

Ons het ’n bietjie saam met die Suid-Afrikaanse komediant gesels oor hoe die show van stapel gestuur is.

“Castle Lite is bekend vir sy spectacular jaarlikse live shows. En dit het natuurlik alles tot ’n halt gekom weens die corona-pandemie, en toe het die behoefte ontstaan om gehore te vermaak en vandaar die Lite News Show.”

Ek het my klaar gelag vir Donovan en Davina se snaakse video’s in die sosiale media en dit het die highlight van baie Suid-Afrikaners se inperktyd geword.

Die komediant sê dit is vir hom lekker om saam met sy musikant-partner te werk.

“Daar is daai onmiddellike vertroue en respek as jy saam met ’n partner werk.

“Jy is nie bang om enige idee te pitch nie omdat jy weet jy gaan nie gejudge word nie.

“Daar is ’n geleentheid om regtig rond te speel met idees en jouself uit te druk.”

Die komediant verduidelik hoekom ons nie ’n episode van die show moet misloop nie.

Talent

“Tydens hierdie tyd (lockdown) kan ons almal doen met ’n bietjie humor en afleiding.

“Dit is ’n light (verskoon die pun), prettig, kreatiewe, en entertaining escape wat jou kan laat vergeet dat jy midde ’n pandemie is.”

Castle Lite het seker gemaak hy kry van die beste talent in Mzansi op dié unieke show.

Van die local sterre wat gaan inloer op die show, is: Moonchild Sanelly, Coconut Kelz, Nina Hastie, Tyson Ngubeni, SPHEctacula, Naves en nog vele meer.

Wees lekker en gaan check sommer nou die Lite News Show uit op YouTube.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters