10 dae gelede
Rapper DMX veg vir sy lewe
BLACKOUT: Die rapper DMX is in die hospitaal nadat hy ’n hartaanval gekry het.  ~ Twitter

DMX word met masjiene aan die lewe gehou.

Die Amerikaanse rapper se prokureur, Murray Richman, het bevestig hy is op life support nadat hy ’n hartaanval gekry het.

“Hy is Saterdag in die White Plains-hospitaal in New York opgeneem. Sover ek weet, is hy steeds op life support.”

TMZ het berig dat die 50-jarige “Slippin’”rapper weens ’n drug overdose in die hospitaal beland het. Die rapper (regte naam Earl Simmons) is al in ’n stryd met dwelmverslawing sedert hy ’n tiener was.

Die prokureur wat al 25 jaar in DMX se diens is, het nie die gerugte van TMZ bevestig nie, maar hy het laat val dat hy bekommerd is oor sy kliënt.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters