6 dae gelede
Drama vloei voort in ‘Blood & Water’
SKIET WEER: Die cast en crew van Blood & Water is druk besig met die tweede seisoen.  ~ Foto Verskaf

DIE cast en crew van die gewilde plaaslike Netflix-reeks Blood & Water het in die Kaap geland en hulle werk reeds hard aan die tweede seisoen.

Hierdie reeks het vroeër vanjaar plaaslik en oor die waters so goed gedoen dat die stroomdiens nie anders kon as om die reeks vir ’n tweede seisoen te verleng nie.

Blood & Water was boaan Netflix se kykerslys hier in Suid-Afrika nie, asook in Amerika.

Die reeks uit die pen van Nosipho Dumisa is ’n mystery-drama vir tieners en het ’n sterk vroulike lead.

Die storielyn handel oor die 16-jarige Puleng Khumalo (Ama Qamata) wat dit regkry om by ’n posh privaat skool in te kom.

Suster

Dan ontdek sy een van die gewildste leerders by die skool, Fikile Bhele (gespeel deur Khosi Ngema), lyk baie na haar ouer suster, wat jare gelede vermis geraak het.

Die eerste seisoen het mos geëindig waar Puleng aan Fikile vertel sy dink hulle twee is susters.

Ek het op Thabang Molaba, wat die rol van KB vertolk, se Instagram gesien dat die akteurs hul scripts gekry het en dat hulle doenig is met table reads.

Ons kan nie wag nie!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters