11 dae gelede
Dr. Dre moet hoes, vele dramas ten spyt
Betaal uiteindelik: Dr. Dre het ingestem om spousal support aan sy vervreemde vrou, Nicole Young, te gee. Foto: eonline.com  ~ 

NADAT hy dié week gehospitaliseer is met ’n brein-aneurisme en daar ’n amperse inbraak by sy huis was, het Dr. Dre eindelik ingestem om sy vervreemde vrou die skeigeld te gee waarvoor sy al lank vra.

Die music mogul het ingestem om $2 miljoen, (sowat R30,5 miljoen) aan Nicole Young te betaal vir tydelike spousal support.

Ek sien op The Blast die geld gaan teen vandag aan haar uitbetaal word om haar uitgawes, soos haar larney mansion in Malibu, te dek.

Ek het julle mos laas week vertel hoe Dr. Dre volgehou het dat hy nie genoeg geld het om Nicole te gee wat sy van hom wil hê nie.

Nicole se lawyers het egter in die rapper se geldsake gaan krap en uitgevind dat hy met al sy Apple-aandele R3,9 miljard sterk staan.

Die judge wat die paartjie se skeisaak hanteer het, het Dr. Dre tot April kans gegee om van sy breinaneurisme te herstel voordat daar met die skeisaak voortgegaan sal word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters