8 dae gelede
Dokkie vier rapper Biggie
IN PERSPEKTIEF: ’n Dokumentêr oor The Notorious B.I.G. se lewe en loopbaan word binnekort uitgereik.  ~ Foto Verskaf

ONS gaan binnekort meer oor die wyle rapper Biggie leer.

Netflix het ’n dokkie oor die The Notorious B.I.G. wat op 1 Maart uitgereik gaan word.

Die dokkie Biggie: I Got a Story to Tell gaan oor die lewe en loopbaan van die rapper wie se regte naam Christopher Wallace is.

Biggie se mammie, Voletta Wallace, en sy tjommie Sean “P. Diddy” Combs is van die uitvoerende vervaardigers wat aan die dokkie gewerk het.

Die filmiese dokumentêr is ’n emosionele en persoonlike journey deur die mense, plekke, events wat van die oorle’ rapper een van die grootste hip-hop-sterre ooit gemaak het.

Celebration

Die dokkie gaan kyk ook agter die skerms toe Biggie in sy deurbreek-jare klassieke songs geskryf, dit in die studio opgeneem en dan later op groot stages perform het.

In intieme onderhoude maak Biggie se close vriende, familie en kollegas oop en deel stories wat nog nooit voorheen gehoor is nie.

Mammie Wallace sê: “Hierdie sal die eerste dokumentêr wees wat fokus op ervarings in my seun se lewe pleks van die omstandighede rondom sy dood. Dit is ’n celebration van wie hy is en waarvandaan hy kom. Dit is hoe hy onthou sou wil word.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters