8 dae gelede
DJ’s swyg oor verkragting
GERUGTE: ’n Vrou beweer op Twitter dat DJ Fresh en DJ Euphonik haar en drie vriende verkrag het.  ~ Twitter

DJ FRESH en DJ Euphonik het gisteroggend op Twitter getrend nadat ’n vrou hulle daarvan beskuldig dat hulle haar bedwelm en toe verkrag het.

Die vrou met die Twitter handle @Nampree skryf op Twitter: “DJ Fresh en Euphonik, gaan julle ooit erken julle het my dronk gemaak en toe verkrag?”

Sy het verder verduidelik dat sy nie baie van die detail kan onthou nie oor sy glo nie by haar volle positiewe was nie.

Gelag

“Ek was heeltemal bedwelmd. Ek weet nie of net een van julle of albei van julle my verkrag het nie. Julle het albei daaroor gelag en die volgende oggend was ons (ek en die ander drie meisies) so dronk dat ons aanhou blackouts kry het, maar julle het ons verkrag.”

Die meisie het later ook getwiet dat die twee bekende DJ’s haar onskuld van haar weggevat het.

“Net sodat julle weet, ek was ’n maagd toe julle dit aan my gedoen het.”

Konstant

Die aktrise en digter Lebogang Mashile het die vrou in ’n twiet geloof dat sy oor die ervaring gepraat het.

“Ek glo jou, suster. Hierdie twee (DJ Fresh en DJ Euphonik) is al in te veel stories genoem. Die stories is konstant.

“Ek is so jammer dit is waardeur julle moes gaan.”

Die vrou het nie baie detail gegee oor die beweerde verkragting nie – sy het nie gesê watter jaar of waar dit plaasgevind het nie.

Laas jaar het die Suid-Afrikaanse digter Ntsiki Mazwai ook DJ Fresh as ’n vermeende verkragter uitgewys. Sy moes agterna haar twiets delete oor sy glo nie genoeg bewyse van die beweerde verkragting gehad het nie.

Die twee DJ’s het nog nie ’n woord oor die bewerings teen hulle gerep nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters