8 dae gelede
DJ’s kan naam maak
WENNERS: Radio Eersteriver en die Funky Youth Program vier hul launch in Riviersonderend.  ~ Foto Verskaf

BRASSE in the Wood, in samewerking met die Funky­ Youth Program en Radio Eersteriver, bied twee dae van musiek en pret op Woensdag 16 en Donderdag 17 Junie aan.

Altesame 20 DJ’s gaan mekaar pak, maar daar kan net een wenner wees.

Buiten al die lekker musiek en hip-hop-kunstenaars wat optree, gaan daar die Woensdag ook ’n 5-aan-’n-kant-sokkertoernooi wees.

Die Funky Youth Program se event word gehou vir jeugontwikkeling.

As jy ’n DJ is, boek sommer nóú jou plek en stuur vyf songs in wat jy op die dag wil speel.

Dis ’n gulde geleentheid vir artists en DJ’s om ’n bietjie naam te maak.

Artists kan ook hul brands daar verkoop.

En daar is R5 000 op die spel vir die wenner.

Daar is plek vir kunstenaars om hul stalletjies te boek en om in te skryf vir die DJ-kompetisie.

Die DJ’s en die artists kan ook ’n interview op Radio Eersteriver wen.

Die groot pret word op 16 en 17 Junie by Sanbury Square Mall in Eersterivier aangebied. Dit begin reeds 09:00.

Kontak Jaco Koen by 083 394 4425 vir meer inligting of gaan na die webblad radioeersteriver.co.za.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters