2 maande gelede
Dit is tickets vir Dome ná deure sluit
Gesluit: Die ikoniese Ticketpro Dome­ maak sy deure toe.  ~ Verskaf

’N MENS sal maar nooit gewoond raak aan die sluiting van plekke wat vir jou belangrik is en goeie herinneringe inhou nie.

Ná 23 jaar van uitstallings, shows, en buitengewone optredes deur internasionale en plaaslike kunstenaars, sluit die gewilde Ticketpro Dome sy deure.

Aangesien die winkelsentrums oop mag wees, het die Suid-Afrikaanse raad vir geleenthede (SAEC) probeer om die regering te oortuig om venues ook te laat funksioneer in ooreenstemming met Covid-regulasies, maar dit het nie gebeur nie.

Uitverkoop

Die Sasol Pensioenfonds, wat die Ticketpro Dome besit, het besluit om die byeenkomslokaal aan ’n derde party te verkoop.

Dit is dieselfde dome wat deur Cassper Nyovest uitverkoop is, die NBA Africa Games gehuisves het en waar WWE International en Disney on Ice opgevoer is.

Carol Weaving, besturende direkteur van RX Africa, sê: “Die verkoop van die Ticketpro Dome is uiters teleurstellend en hartverskeurend vir ons bedryf.” Die amptelike oorhandiging van die lokaal vind op 7 September 2021 plaas.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters