8 dae gelede
Ding gaan ruk waar Ranny Kay sy musiekvideo launch
RAPPER: Stiek uit by Ranny Kay se Aspoestertjie-bekendstelling.  ~ Foto Verskaf

RANNY Kay reik binnekort die amptelike musiekvideo vir sy song “Aspoestertjie” uit.

Dié rymkletser beloof hy gaan ’n anderse smaak na sy gehoor bring.

“Dinge was dol, veral in my rehearsals, want ek wil my uiterste bes deliver. Ek is ook baie dankbaar aan almal wat dusver ’n kaartjie gekoop het.”

Behalwe dit gaan Ranny Kay ook te sien wees in die Afrikaanse movie Hustlers Kapitaal, wat volgende jaar uitgereik word. Ranny Kay speel die hoofrol van Trevor, ’n taxi-guardjie. Hy doen ook van die agtergrondmusiek vir die movie.

“Ek is ’n rapper, maar is baie nederig. Ek kom uit swaar omstandighede.

Dankie

“Wat ek alles moes deurmaak, is die rede waarom ek so opofferinge maak vir dit wat nog vir my in die toekoms wag. Dankie vir elkeen se ondersteuning en ’n spesiale dankie aan diegene wat die CD’s reeds gekoop het.”

So, as jy op 12 Desember iets soek om te doen, pak jou braaibenodigdhede en kom ontmoet Ranny Kay in lewende lywe. Shaneaca Reed, wat die rol van Aspoestertjie in die video vertolk, gaan ook daar wees.

Die launch begin 16:00 by die H-blokke in Macassar. Toegang is gratis en die musiekvideo kan hier gekoop word. Belowende kunstenaars, akteurs en modelle gaan daar wees.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters