11 dae gelede
Die manne is terug
GRAPJAS: Die komediant Jason Goliath is een van The Man Cave se aanbieders.  ~ Foto Verskaf

M-NET se kykers kan hulle gereed maak vir The Man Cave, wat vanaf Saterdagaand weer uitgesaai word.

Die show is voorheen vir ’n Suid-Afrikaanse film-en-tele­visieprys benoem.

Tien episodes word uitgesaai. Van die manne wat seker maak testosteroon word teruggebring, is die aanbieder Siv Ngesi, grapjas Jason Goliath en die petrolkop Warrick Stock. Jonathan Boynton-Lee, Cosmopolitan SA se sexyste man van 2014, sal ook op die show wees.

Superkarre

Die program wys die insights van die moderne man. Dis vol pret en aksie, en al die uit­dagings en avonture sal die kyker heerlik vermaak.

Daar is gesprekke met plaaslike helde en sportsterre.

Bucket-list-avonture word bespreek en superkarre sal te sien wees.

Wat in dié seisoen eksklusief is, is die ontdekking van Suid-Afrika en sy mense en die mistieke band tussen man en masjien.

Die aanbieders gesels ook met SA persoonlikhede.

The Man Cave begin Saterdag 21:30 op M-Net (DStv-kanaal 101).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters