14 dae gelede
Dié lekker fliek het ’n boodskap
AKTEUR: Dean Balie speel in die movie Motel.  ~ Foto Verskaf

SONDAGAAND is daar weer ’n lekker movie waarna jy en jou geliefdes kan kyk.

Motel is die storiefilm wat Sondag 20:00 op kyk­NET (DSTV-kanaal 144) wys.

Die rolverdeling bestaan uit Laudo Liebenberg, Dann-Jaques Mouton, Dean Balie, Mbulelo Grootboom en Martelize Kolver.

Die talentvolle filmmaker Dian Weys is die regisseur van Motel.

Oornag

Die movie handel oor twee sakevennote wie se huurmotor in die middel van die nag langs die verlate R27 breek. Hulle stap na die naaste dorp en kry ’n motelkamer om in te oornag. Nadat hulle hulself tuisgemaak het, kry hulle egter ’n lyk in die kas. Motel ondersoek hoe die versuim van ons verantwoordelikheid tot ons eie aandadigheid en ondergang kan lei.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters