JA-NEE, die Suidoosterfees-verhoog was dié naweek aan die brand.
Mense het in hul hordes uitgekom na Atlantic Studios se inryteater om hul gunsteling-komediante, akteurs en musikante te sien.
Donderdagaand het die ding geruk by die Klopse Jol met sy aanbieders, Emo en Loukmaan Adams. Vrydagaand was dit Marc Lottering se beurt om die gehoor te vermaak met sy produksie Lottering on Lockdown.

Vol energie: Tashreeq de Villiers en kie het ’n opgewekte vertoning gelewer.
Son Gys Loubser

Sing: Loukmaan Adams tree op in die produksie Klopse Jol.
Son Gys Loubser

Skreeusnaaks: Marc Lottering het Aunty Merle saamgebring vir sy show.
Son Gys Loubser

Druk daai toeters: Marc Lottering het mense laat skaterlag met sy lockdown-stories.
Son Gys Loubser
En Sondag het die gospel-musikant en TV-aanbieder Jonathan Rubain mense buite hul karre laat juig met sy opgewekte show Koortjies met Jonathan Rubain en Vriende.

Gesels: Jonathan Rubain en Marco Spaumer op die Suidoosterfees-verhoog.
Son Gys Loubser