14 dae gelede
Die drama-rillerreeks sal jy net móét binge
TALENTVOL: Sandra Oh en Jodie Comer speel in Killing Eve.  ~ Foto Verskaf

DIE boeiende drama-rillerreeks Killing Eve begin Donderdag 10 Junie 21:00 op SABC 3.

Die reeks volg Eve (Sandra Oh), wat ’n veiligheidsbeampte is, maar daarvan droom om ’n spioen te wees.

Haar vervelige lewe vat vinnig vlam nadat sy kennis maak met ’n talentvolle psigopatiese moordenaar gespeel deur Jodie Comer.

Seisoen 1, wat deur Phoebe Waller-Bridge geskryf en vervaardig is, is in April 2018 uitgereik en het goeie resensies gekry.

“Verslawend, vermaaklik en vol spanning. Killing Eve is die beste op televisie,” meen Karl Puschmann.

“Met twee sterk hoofspelers en ’n boeiende uitgangspunt is hierdie BBC-drama een van die beste van die jaar,” meen John Hanlon.

Bieg

Ek is self ’n groot fan van Killing Eve en het alreeds seisoen 1 tot 3 gebinge.

Ek moet bieg die reeks vat ’n bietjie tyd voordat dit jou aandag boei en begin sin maak. Maar as jy deur die eerste drie episodes kom, sal jy nie kan ophou kyk nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters