7 dae gelede
Dansers skep bewusmaking
VEREER: Alfonzo Freemantle (links) en Llewellyn Africa bring hulde aan die vermoorde danser Kirvan Fortuin.  ~ Peter Abrahams

DIE briljante en uitgesproke choreograaf Alfonzo Freemantle het Woensdagaand in Heldervue, Somerset-Wes, ’n baie spesiale en intieme teaterstuk genaamd Moffies in die Wêreld aangebied.

Hulde

Die Kaapse professionele danser wat al die wêreld platgetoer het, het saam met sy danser-vriend Llewellyn Africa opgetree.

passievol: Llewellyn Africa vertel sy storie deur dans.

In die teaterstuk het hulle ook aan die Kaapse danser Kirvan Fortuin hulde gebring.

Fortuin is vroeër vanjaar vermoor.

Freemantle verduidelik dat hy bewusmaking wil skep rondom hoe homoseksuele mans in die wêreld behandel word.

Dit was ’n besonder roerende stuk wat met passievolle danspassies gepaardgegaan het.

Pragtige skilderye deur Soraya Kippie is ook uitgestal.

kyk toe: Ondersteuners kyk trots toe hoe Alfonzo Freemantle hom uitdruk.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters