7 dae gelede
Cheroné op pad na Hollywood
GEE NOOIT OP: Cheroné Isaacs droom van die kollig.  ~ Salmon Smith

HAAR groot droom is om eendag ’n aktrise te word.

En nou is Cheroné Isaacs, ’n pragtige jong meisie van Bonteheuwel, ’n stappie nader aan haar droom.

Sy is gekies om in die film Love and Fire te speel. Dit gaan oor die lewe van die aktivis Ashley Kriel, wat op 9 July 1987 deur die polisie doodgeskiet is.

Cheroné vertel opgewonde oor dié geleentheid wat op haar pad gekom het: “In 2018, terwyl ek in graad 11 in Hoërskool Bonteheuwel was, het vervaardigers van dié film by ons skool omgekom op soek na akteurs vir die film. Ek het toe vir ’n oudisie gegaan en het dit geslaag.

“Maar weens die lockdown is die verfilming op hold gesit.”

As jong kind het Cheroné baie aan kerk- en skool­konserte deelgeneem.

“Dít is waar my liefde vir acting ontwikkel het.

“Ek het toe besluit dat ek dít my loopbaan wil maak. Ek het baie goeie punte gekry vir mondeling en veral vir die manier hoe ek myself voorgehou het.”

Cheroné het laas jaar gematrikuleer, maar het nog geen formele opleiding in acting nie. En omdat daar nie geld is nie, kan sy ongelukkig nie vir dramaklasse inskryf nie.

Rolmodel

Intussen wag sy vir die verfilming van Love and Fireom te begin.

“My grootste rolmodel is Charlize Theron. Sy kom van Suid-Afrika en kyk hoe ver het sy al gekom in die lewe,” borrel Cheroné.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters