19 dae gelede
Check jou nou
WAAR KYK JY? Noel Oostendorp gesels saam met Redione Stephens en Richard September.  ~ Shakeel Panday

“HIERDIE reeks is soos ’n plantasie virrie nasie.”

Só bestempel die vervaardiger en filmmaker Deidré Jantjies haar nuwe aanlyn reeks, Tweegesig.

Deidré sê: “Met dié reeks wil ek egte, onvertelde stories van die bruin gemeenskap vertel. Dis ons verantwoordelikheid om ons stories te vertel.”

Deidré verduidelik die reeks handel oor drie tjommies wat in ’n flat oor die alledaagse uitdagings van die lewe praat.

Sy vertel: “Die reeks is relatable: Daar is baie ‘a-ha-oomblikke’ waarin mense hul eie uitdagings sien.

“Maar die belangrikste ding vir ons was dat daar vir elke uitdagings ’n oplossing gebied word. Aan die einde van elke episode sal jy as kyker met iets waardevols wegstap.”

Hoewel die reeks leersaam is, word dit ook met ’n tikkie humor aangebied.

Gespeel

Deidré verduidelik: “Die drie tjommies sit elke dag in die flat en die orige antie oor die pad wil net in die tjommies se besigheid wees.”

Die drie tjommies word gespeel deur Richard September as Vinchenzo Papier, Redione Stephens as Kyle en Hein Poole as Christo­pher.

PEL: Richard September vertolk die rol van Vinchenzo Papier. Foto: Shakeel Panday

Die besige antie oorkant die pad is ’n bekende gesig in die sosiale media: Sy is Antie Meisie, gespeel deur Devine Hendricks.

Tweegesig word vervaardig deur Na Aap Productions en dit is befonds deur die departement van kuns en kultuur.

Die briljante Chad Louw is die regisseur. Sy mentor-regisseur is Noel Oostendorp.

Die scriptwriter is Ann-Maree Fortuin, die props-bestuurder is Nicola Bouwer, die produksie-assistent is Langston Muller en die grimeerkunstenaar is Sarah-Lee Hendricks.

Julle beter die eerste episode van Tweegesig kyk, want dit is ’n storie oor onse mense.

Dis deur onse mense en vir onse mense.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters