4 dae gelede
Cena nou getroude man
cena
DOLGELUKKIG: John Cena en die beeldskone Shay Shariatzadeh is dié week getroud.  ~ TMZ.com

MEISIES, julle kan John Cena nie meer kry nie.

Ek maak nie ’n grap nie! Die sexy wrestler en akteur het luidens berigte onlangs in Tampa, Florida, met sy girlfriend, Shay Shariatzadeh, afgehaak.

Ek lees op TMZ dat die tweetjies in 2019 begin date het nadat John en Nikki Bella, en sy eksverloofde, in 2018 gesplit het.

Stil-stil

John en sy nuwe meisie het sommer bitter vinnig baie ernstig geraak, want die paparazzi het hulle gereeld afgeneem waar hulle nie hul hande van mekaar kon afhou nie.

TMZ berig verder die twee het net so stil-stil verloof geraak in Oktober en aansoek gedoen om ’n huweliksertifikaat.

Luidens die hofdokumente wat TMZ onder oë gehad het, het John en Shay Maandag 12 Oktober voor die kansel gaan staan.

Dis John se tweede huwelik. Hy was voorheen vanaf 2009 tot 2012 met Elizabeth Huberdeau getroud.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters