10 dae gelede
Castle hou dit “lite” met DJ Sbu
Donovan Goliath
Donovan Goliath  ~ 

VANDAG se Castle Lite nuus-show op YouTube is beslis een vir die boeke.

Die humoristiese nuus show met die komediant Donovan Goliath se laaste episodes uit die reeks van 12 gaan vanaand wys.

En vir die spesiale episode het hulle die briljante TV- en radio-persoonlikheid Sibusiso Leope, oftewel DJ Sbu ingekry.

Die media-ikoon gaan voor die skerm saam met die skreeusnaakse trio Donovan Goliath, Mojak Lehoko, en Lihle Msimang wees, waar hulle hul weeklikse dosis van komediese verligting met ’n tikkie trending topics aanbied. 

Donovan gaan natuurlik saam met DJ Sbu, wat voorheen die gewilde TV-program Friends Like These aangebied het, in ’n yskoue onderhoud gesels oor sy mees onlangse projekte.

En so gepraat van ’n koue enetjie – Castle Lager vier vanjaar sy 125ste bestaansjaar en om mylpaal te vier het die bier brand ‘n splinternuwe look vir die bier brand wat al vir jare Suid-Afrikaners bymekaar bring.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters