6 maande gelede
Caster gee ’n glimps van hul pienkvoetjie
OUERS: Violet Raseboya en Caster Semenya het ’n pragtige dogtertjie.  ~ Gallo Images

MZANSI se Olimpiese kampioen Caster Semenya en haar vrou, Violet Raseboya, het ’n babadogter!

Die couple is baie privaat en ons vind maar nóú eers uit van die kleinding – en sy loop al.

Die atleet het onlangs op Instagram gewys hoe klein Ora ewe oulik rondstap. Dis moontlik dat sy al een jaar oud is, want Caster het #1 in die caption geskryf. Maar dalk beteken dit dis baba nr. 1.

Violet het ook eers onlangs foto’s van haar baby bump gewys en sy het behoorlik gestraal gedurende haar swangerskap. Daar is nie gesigfoto’s van die kleintjie op haar ouers se sosiale media nie, maar daar is wel ’n foto van twee oulike, vet beentjies in ’n paar Nikes.

Ons sal maar vir eers daarmee moet tevrede wees. Dié trotse ouers weet hoe om ’n geheim te hou, nè?

TE OULIK: Hier is kleine Ora se sterk beentjies. Foto: Instagram

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters