13 dae gelede
Cassie is happy oor nommer 2
MAMMIE: Cassie het vroeër dié maand die lewe geskenk aan haar tweede dogtertjie, Sunny Cinco Fine.  ~ Skermgreep: Instagram

HULLE is nou ’n Fine-gesin van vier.

Cassie en haar hubby, Alex Fine, het dié naweek aangekondig hulle nuwe babadogtertjie, Sunny Cinco, is vroeër hierdie maand gebore.

Die mammie van twee het ’n paar foto’s van haar oulike gesin in die sosiale media gelaai. Saam met die kiekies skryf die sangeres en aktrise: “Op Maandag 22 Maart 2021 om 10:22 het ons harte groter geword. Welkom in die wêreld, ons kleine meisiekind. Ons is so baie lief vir jou, Sunny Cinco Fine!”

Cassie en haar man, ’n personal trainer, is reeds die trotse ouers van Frankie Stone.

Frankie Stone sal in Desember twee jaar oud word.

Die tweetjies het beslis nie tyd vir speletjies nie. Hulle het in 2019 voor die kansel gestaan en nou het hulle sommer reeds twee oulike kinders.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters