11 dae gelede
Cardi B wil skei van Offset
OOR EN UIT: Cardi B is upset en het aansoek gedoen om van haar man, Offset, te skei.  ~ Getty Images

NIKS meer WAP vir Offset nie!

Cardi B het dié week aansoek gedoen om van haar rapper-hubby, Offset, te skei.

Die “WAP”-rapper, wat ’n tweejarige dogter, Kul­ture, saam met haar man het, het by ’n hof in Georgia se Fulton-distrik aansoek gedoen vir ’n egskeiding.

Dít kom nadat die egpaar destyds in September 2017 stil-stil getroud is.

E! berig Cardi het in die skeidokumente geskryf hul huwelik is reddeloos kapot en hulle het geen planne om versoen te raak nie.

’n Ingeligte bron het aan die publikasie vertel Cardi het dié besluit geneem omdat sy ’n voorbeeld vir ander vroue wil stel.

“Sy vertrou Offset nie. Sy het regtig die afgelope twee jaar hard probeer om hom te vergewe. Dit was baie moeilik sedert sy laaste jol-skandaal, en daar loop stories rond dat hy weer jol.

“Hy’t by haar gepleit dat hy nie ontrou was nie, maar baie meisies het vorendag gekom met stories oor hom.

“Cardi wil ’n goeie voorbeeld vir haar dogter en vir ander vroue wees.”

Jip, dis ’n W(R)AP vir Cardi en Offset se huwelik.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters