2 maande gelede
Cardi B raak nie upset oor Offset noudat hulle skei
NIE HARTSEER: Cardi B sê sy het nie een traan gestort oor haar en Offset se huwelik verbrokkel het nie.  ~ Getty Images

CARDI B het dié keer nie ’n traan gestort oor haar verbrokkelde huwelik nie.

Die “WAP”-rapper het haar fans in ’n live stream op Instagram bedank vir hul ondersteuning sedert sy aangekondig het dat sy en haar man, Offset, gaan skei. Hulle het ’n dogtertjie, Kul­ture (2).

“Ek wil net dankie sê. Hoewel ek voel dat ek dit nie regtig nodig het nie. Ek is oukei en ek wil julle laat weet dat ek nog nie een keer gehuil het nie.”

Moeg

Cardi het gesê dat sy nie dié keer so hartseer is soos sy die vorige keer was toe haar man gejol het nie.

“Ek het nie gehuil nie. Wil julle weet hoekom? My egskeiding gebeur nie oor daar gejol is of oor die stories wat rondloop oor Offset wat iemand swanger gemaak het nie.

“Ek het net moeg geraak van aanmekaar stry. Ek het moeg geraak daarvan om nie saam te stem oor dinge nie.

“Wanneer jy voel dinge is nie meer dieselfde nie, moet jy gooi voordat daar op jou gecheat word.

“Daar het niks crazy gebeur nie. Soms dryf mense net weg van mekaar. Ek is al vier jaar saam met die man. Ek het ’n kind saam met die man. Jy word net moeg van al die argumente.”

Cardi B en die Migos rapper se egskeiding kom drie jaar nadat hulle stil-stil getrou het.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters