5 dae gelede
Cardi B en Offset is vatterig op paartie
SAAM: Cardi B en Offset kan dié naweek hul hande nie van mekaar hou nie, al staan hulle op skei.  ~ Instagram

N MENS weet nie aldag of jy Cardi B ernstig moet opneem nie.

Net ’n paar weke terug het die “WAP”-rapper luid verklaar dat sy haar hubby, Offset, gaan skei omdat hulle mekaar eenvoudig net ontgroei het. Baie mense het Cardi geloof oor sy dié brawe stap geneem het, want Offset is glo ’n rond­lopervoël.

Maar nou moet ons ons woorde sluk, want in Offset se Instagram stories het Cardi omtrent haar boude voor hom geswaai.

Cardi het ’n maand gelede aansoek gedoen om ’n egskeiding. Maar dit lyk asof die twee, wat ’n tweejarige dogter saam het, Sondagaand saam was by haar 28ste verjaardagpaartie in Vegas.

Die twee is gesien waar hulle op die paartie soen. Cardi se famous vrinne soos Kylie Jenner, Megan Thee Stallion, 21 Savage, Meek Mill, Floyd May­weather en nog vele ander was ook daar.

Ek lees ook op Page Six dat Offset Cardi bederf het met ’n Rolls Royce en ’n diamant-armband.

Ons kyk maar of hulle voortgaan met die skeisaak ...

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters