5 maande gelede
Cardi B deel resep vir gesonde hare
pragtige bos: Cardi B wys hoe mooi en gesond haar eie hare is. Foto’s:instagram  ~ 

ONS is so gewoond daaraan om Cardi B in flambojante pruike te sien dat die internet so byna gebreek het toe die rapper ’n foto van haar eie hare gewys het.

Die mammie van Kulture het nie net gekom om met haar pragtige bos hare te spog nie, sy het ook tips met haar fans gedeel oor hoe om hul eie hare gesond te hou.

Die 27-jarige het in ’n rits video’s op haar Instagram Stories gewys hoe sy haar natuurlike hare en haar amper tweejarige dogtertjie s’n blink en sonder enige frizz kry.

Blender

Dit is sommer maklik om Cardi se mengsel aanmekaar te slaan deur bestanddele in jou kombuis te gebruik.

Sy meng eers twee ryp avokado’s met ’n bietjie Marokkaanse argan-olie.

Daarna voeg sy ’n scoop mayonnaise en ’n klein bietjie heuning by.

Volgende aan die beurt is kasterolie, twee rou eiers en piesangs. Dit alles meng sy in ’n blender.

Cardi het haar fans daaraan herinner dat ’n mens gesond moet eet as jy gesonde hare wil hê.

“Al daai goeie goed wat jy eet, sit jy ook in jou hare.”

Ek weet nie van julle nie, maar ek gaan beslis dié treatment probeer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters