18 dae gelede
Cameron sal kitaar laat sing by V&A
Gooi dit! Die kitaarman Cameron Ward Trio tree môre op in die Silo Precinct by die V&A Waterfront.  ~ Verskaf

LEVEL 1 beteken lekker live performances, so jy kan jou gereed maak vir Take the Stage, wat sy terugkeer in Kaapstad by die V&A Waterfront maak.

Die eerste kunstenaar wat môre die stage gaan oorneem, is die internasionale solokunstenaar en kitaarman Cameron Ward Trio.

Cameron is ’n talentvolle kunstenaar wat grootgeword het in Lotusrivier. As sesjarige het sy mammie reeds sy potensiaal raakgesien en hom na ’n musiekskool gestuur.

Mahala

Hy het later ’n kerk-band – Cousins for Christ – saam met familielede gestig. Nadat die res van die band ’n instrument gekies het, was die kitaar ál wat oorgebly het. Cameron het dit gemaak werk!

Hy kry sy inspirasie van legendariese kitaarspelers soos Wes Montgomery, George Benson, Jonathan Butler en Jimmy Dludlu.

Jy kan môre 13:00 Cameron se pragtige klanke in die Silo Precinct in die V&A Waterfront geniet. Die beste is: Dié buitelugkonsert is gratis, verniet en mahala! So, stiek uit!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters