2 maande gelede
Bydrae erken
Bring hulde: ATKV-Crescendo hou binnekort ’n konsert vir Anneli van Rooyen.  ~ Verskaf

ATKV-Crescendo hou binnekort ’n groot opskop vir musikale legende Anneli van Rooyen.

Tydens die produksie Platformsessies: Die Anneli van Rooyen Episode gaan talentvolle protégés van Crescendo-faam aan Anneli hulde bring.

Sy is een van die hoekstene van die Afrikaanse musiekslypskool.

Anneli het self in 1979 aan die ATKV-Crescendo-kompetisie deelgeneem en dit gewen.

Sy is een van die grootste legendes wat deur dié waardevolle slypskool ontdek is.

Morne van Staden, die projek-organiseerder van ATKV-Crescendo, sê die wonderlike show is ’n “full circle celebration” om aan Anneli dankie te sê.

“Dit maak net sin dat die eerste tribute show wat Platformsessies gaan hou, aan Anneli opgedragaan word.

“Dit is deur haar musiek en karakter dat ATKV-Crescendo en brands soos Platformsessies bestaan en voortgaan om platforms en geleenthede vir ander kuns­tenaars te skep.”

Verklap

Hy voeg by die meeste van die kunstenaars wat op die aand gaan optree, is lede van die Crescendo-familie.

Hulle het self deur die slypskool gekom en van hulle was sy mentors.

Maak gereed vir ’n aand van Anneli van Rooyen soos min. ’n Aand met Anna Davel, Jodi Jantjies, Hilton Mandela Andries, Melissa van der Spuy, asook die ATKV-Crescendo-orkes.

Robin “Die Hooflig” Fourie gaan die show aanbied saam met die “Mosselbaai”-sanger Whaden Johannes.

Die Hooflig is ook ATKV-Crescendo se kreatiewe regisseur en brand ambassador. Hy verklap wat ons van die line-up kan verwag: “Daar gaan duets en mash-ups wees en dit gaan hopelik ’n nuwe feel gee aan songs waarmee ons so vertroud is.

“Dit gaan gevoelvol, intiem en eg wees. Ons belowe dit gaan mesmerising wees.”

Die produksie is 18:30 op 19 November in die Daisy Jones-teater in Stellenbosch te sien.

Kaartjies kos van R150 op Quicket.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters