6 dae gelede
Bolhuis is terug en oppie bôl
OPPIE KASSIE: Mike Bolhuis se tweede reeks begin môreaand.  ~ Foto Verskaf

BOLHUIS is môre terug vir ’n tweede seisoen. Die spesialis-ondersoeker Mike Bolhuis wend weer sy beste pogings aan om misdaad te beveg en boewe agter die tralies te laat beland.

In die tweede reeks is Mike op soek na internasionale voortvlugtiges, hy ondersoek van moorde tot bedrog en kyk na die nuwe dwelms wat veral skoolkinders teiken.

Okkultiese bedrywighede word ook onder die soeklig geplaas. Mike probeer ’n dorp red en waarsku op sy unieke manier op wie jy verlief moet raak en wie nie.

Ons sien die sagter kant van Mike wanneer hy Kimberley besoek om die flaminke vry te laat wat hy onlangs gered het.­

Stop

En daar is selfs ’n troue op die horison.

Mike Bolhuis skroom nie om ’n ding op sy naam te noem nie. In die eerste episode kry kykers te doen met Mike en sy span en wat hulle alles sal doen om dwelmhandel te stop.

In die tweede episode ontmoet ons vir Ferdi Barnard, die oud-polisieman en sluipmoordenaar wat 20 jaar in die tronk was vir die moord op dr. David Webster. Maar wie is die ware Ferdi Barnard?

  • Bolhuis begin môre om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters