19 dae gelede
Boity se hemp deurdrenk ná aanval
BESEER: Boity Thulo se hemp was deurdrenk. Sy moes na ’n hospitaal geneem word nadat sy Donderdagaand aangeval is.  ~ Verskaf

“ALMAL gaan weet wie ek is nadat ek vir Boity opgef*k het!”

Dit is die woorde – na bewering van Bujy Bikwa – wat ons in ’n audio clip kan hoor. Bujy het na bewering die local rapper en sakevrou Boity Thulo laas Donderdag in die Courtyard Hotel in Midrand aangerand.

Die radio-vervaardiger Bujy het Boity glo met ’n bottel aangeval nadat hulle in ’n rusie betrokke was.

Na bewering is Boity se gesig in die voorval so gesny, sy moet plastiese chirurgie kry.

Video’s, foto’s en audio clips van die voorval trend tans op Twitter. In een van die foto’s kan ’n mens duidelik sien hoe deurdrenk die “Bakae”-rapper se hemp is. Daar is ’n donkerkleurige vloeistof op haar hemp, maar dit is onduidelik of dit bloed of alkohol is.

Een twiep skryf: “Sjoe! Daai is mos poging tot moord!”

Nog een stem saam: “Hy wou Boity mos doodmaak.”

Geweier

In die audio clip kan jy hoor hoe iemand, vermoedelik Boity, vra wie Bujy dink hy is.

Hy is volgens die persoon ’n “nobody” en hy reply toe vurig met: “Almal gaan weet wie ek is nadat ek vir Boity opgef*k het!”

Bujy, ’n lid van die LGBTQIA+-gemeenskap, het glo oor die naweek geweier om in die selle vir mans te lê. Hy is tans uit op borgtog van R2 000.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters