12 dae gelede
Boity en Anton lyk dolverlief
Verlief
Anton Jeftha en Boity Thulo het Sondagaand die SA Style awards bygewoon.  ~ Verskaf

DIE rapper en mediapersoonlikheid Boity Thulo en haar berugte outjie, die aantreklike Legacy-akteur Anton Jeftha het Sondagaand die koppe by die SA Style Awards laat draai.

Die twee hou heeltyd vol dat hulle net besties is en glad nie date nie, maar op die kiekies wat hulle albei op Instagram gelaai het, lyk hulle alte verlief.

Daar is selfs ’n video waarin Anton, oorspronklik van Belhar, die “Bakae”-rapper op die wang soen.

Intussen het Boity onlangs in 'n video saam met die influencer Mihlali laat hoor dat sy niks minder as R450 000 per maand soek van haar berk as girlfriend allowance nie. 

Wat dink julle, lyk dit asof Anton en Boity meer as net blote besties is? 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters