7 maande gelede
Boek fokus op slagoffers van mishandeling
Bianca Hartnick  ~ Foto Verskaf

BIANCA Hartnick se boek, Die Lewe van ’n Verwerpte, is onlangs uitgereik.

Hartnick is van Graaff-Reinet, maar sy woon tans in Somerset-Oos.

Haar boek gaan oor vroue en kinders wat deur die trauma van mishandeling en vernedering gaan.

Bemagtig

Dit bemoedig alle vroue en kinders en versoek hulle om nie stil te bly oor wat met hulle gebeur (het) nie.

Dit bemagtig hulle ook om versigtig te wees wanneer hulle alleen loop of alleen by hul huis is.

Baie vroue en kinders het allerlei traumas deurgemaak en daaroor stilgebly.

Die skrywer gee raad aan slagoffers van geweld en verkragting: “As jy deur die trauma van mishandeling en verkragting gaan, is dit belangrik dat jy berading daarvoor ontvang.”

Sy verduidelik die boek is ’n geestelike een waarin ’n mens deur gebed daagliks na ons Heer en Meester soek.

Hartnick het in 2017 begin skryf en vandag is sy ’n trotse, geregistreerde skrywer.

Sy moedig potensiële skrywers aan om hul stories te laat hoor.

As jy hierdie boek van Hartnick wil hê, kan jy Edna Swanepoel kontak by 072 961 5963 of jy kan net ’n e-pos stuur na edna@­mecspublishing.co.za.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters