13 dae gelede
Biebs-hulle soek baby, baby, baby
SOEK KIDS: Justin Bieber sê hy en sy vrou, Hailey, is nou reg om ouers te word.  ~ Getty Images

JUSTIN Bieber (27) sê hy is reg om ’n kleintjie die wêreld in te bring.

Die veelbekroonde sanger sê in sy nuwe dokumentêr, wat tans op Amazon Prime Video te sien is, hy wil baie graag saam met sy vroutjie, Hailey (24), probeer om ’n bloedjie te verwek.

Sjym, sy arme modelvrou was ook geskok toe hy in die dokkie vir haar sê hy wil vanjaar al begin plan maak om hul eersteling in die wêreld te bring.

“My voorneme vir 2021 is om aan te hou om my doelwit na te jaag.

“Ek wil seker maak ek stel my gesin eerste en hopelik kan ons ’n nugget uit-squish,” sê die sanger.

Sy wederhelf vra toe heel verbaas: “In 2021?”

Die “Baby”-sanger verduidelik toe dat hy ten minste vanjaar met die proses wil begin.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters