19 dae gelede
BET vereer die bestes in hip-hop
Rapper: Cardi B was een van die groot wenners Dinsdagaand op die BET Hip Hop-toekennings. Foto: getty images  ~ 

CARDI B en Megan Thee Stallion was Dinsdagaand in Amerika die groot wenners op die 16de BET Hip Hop-toekennings.

Dié twee rappers se collab met die hit “WAP” het in 2020 wêreldwyd wenkbroue laat lig. Dié week het dit ook verskeie groot toekennings op die groot aand losgeslaan – insluitend beste song, beste hip-hop-video en beste collab.

Lil Baby is as kunstenaar van die jaar aangewys en Yung Bleu is die beste nuweling.

Nelly, wat ’n medley van sy hits oor die jare perform het, is vereer met die I Am Hip Hop-toekenning.

Hier is die lys van die BET Hip Hop-wenners:

Beste album: Call Me If You Get Lost – Tyler, The Creator

Beste song: “WAP” – Cardi B ft. Megan Thee Stallion

Kunstenaar van die jaar: Lil Baby

Beste hip hop video: “WAP” - Cardi B Feat. Megan Thee Stal­lion

Beste nuwe kunstenaar: Yung Bleu

Beste Collab: “WAP” – Cardi B Feat. Megan Thee Stallion

Beste duo of groep: Lil Baby en Lil Durk

Beste live performer: Tyler, The Creator

Beste lyricist: J. Cole

Beste international flow: Little Simz (UK)

Beste video-regisseur: Missy Elliot­

Beste DJ: DJ Scheme

Vervaardiger van die jaar: Hit-Boy

Beste hustler: Saweetie

Beste hip-hop platform: Ge­nius

Sweet 16: Beste featured verse: Nipsey Hussle ft. Jay-Z – “What It Feels Like”

Beste Impact Track: Nipsey Hussle ft. Jay-Z – “What It Feels Like”

I Am Hip Hop-toekenning: Nelly

Rock the Bells Cultural Influence-toekenning: Tyler, The Creator­

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters