6 dae gelede
Bekroonde ster (44) sterf
RUS SAG: Lindiwe Ndlovu is in haar slaap oorlede.  ~ Gallo Images

DIE veteraan-aktrise Lindiwe Ndlovu is oorlede.

Lynne Higgins, haar agent, en Tumelo Ngwalase, ’n jare lange vriendin by wie sy gebly het, het die hartseer nuus aan The Sowetan bevestig.

Die Safta-bekroonde aktrise het na bewering in haar slaap gesterf.

“Sy is Maandagoggend oorlede. Ek het gedink sy slaap. Ek het die ambulans gebel. Sy het omtrent 03:30 siek begin word,” het Ngwalase verduidelik.

Julle sal die aktrise onthou vir haar rol in Zabalaza, Egoli, Stokvel, Erfsondes, Lockdown, Isono, Soul City, Scandal!, Isidingo, Backstage, Ga Re Dumele en Home Affairs.

Sy het net Vrydag haar 44ste verjaardag gevier.

Higgins het in verklaring gesê: “Dit is met swaar harte en oneindigende hartseer dat ons die hartseer nuus deel dat Lindiwe Thembekani Ndlovu op 11 Januarie in haar huis gesterf het.

Ongelooflike

“Haar groot, helder lig is uitgedoof. Die nuus het ons verpletter.

“Vir ons was Lindiwe familie, maar vir baie was sy soveel meer. Sy is ’n ongelooflike aktrise wat ’n groot leemte in die kreatiewe wêreld van acting gaan laat.”

Haar agent het ook die hoogtepunte van haar loopbaan uitgewys.

“Haar grootste prestasie was toe sy ’n Safta-toekenning gewen het. Die Amerikaanse akteur Samuel L Jackson het dié toekenning vir haar gegee. Sy het dit gewen as beste aktrise in ’n speelfilm

“Ons sal vir ewig haar liefde en toewyding aan haar vriende en familie onthou.

“Sy het ’n larger-than-life persoonlikheid gehad en dit was aansteeklik vir diegene wat lief was vir haar.”

Rus sag, Lindiwe.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters