11 dae gelede
Baxter kry weer lewe
KREATIEWE TRIO: Alan Committie, John Maytham en Louis Viljoen se toneelstukThe Outlaw Muckridge is gou op die planke by die Baxter-teater.  ~ Baxter.co.za

DIE deure van die Baxter-teater is weer oop en daar is natuurlik ’n hele paar briljante shows waarna jy kan gaan kyk.

Een van die shows wat jy nie moet misloop nie, is The Outlaw Muckridge.

Die bekende radio-uitsaaier en akteur John Maytham het hande gevat met die regisseur Alan Committie en die skrywer Louis Viljoen om die toneelstuk vir twee weke – vanaf 13 tot 24 Oktober, elke aand 19:00 – na die Baxter te bring.

Ontstaan

Die kreatiewe trio gaan die voorreg hê om die eerste live performance by die Baxter te doen nadat die lockdown weens die corona-virus ses maande gelede ingestel is.

Louis verduidelik hoe die toneelstuk ontstaan het.

“Die script het begin met ’n ooreenkoms dat dit ’n storie moet wees wat geïnspireer is deur die lockdown, maar nie soseer oor die lockdown handel nie.”

Hy verduidelik verder: “Pleks daarvan om die pandemie as ’n plot te gebruik, het ons besluit om die emosionele isolasie en alleenheid te gebruik.

“My belofte aan John was om malligheid en afgryse te bring.

“Humor en patos was die natuurlike newe-effekte van daai belofte.”

Hier is ’n paar van die ander shows wat later in die jaar ook by die Baxter-teater op die planke gaan wees:

  • Baxter Back on Stage with Gregory Maqoma and Zolani Mahola – vanaf 3 tot 7 November.
  • First Accused – vanaf 12 tot 21 November.

Kaartjies kan op die Baxter se webwerf baxter.co.za bespreek word.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters