9 dae gelede
Basta met dié ‘kuns’ van Rasta!
kuns: Rasta het ’n portret van Meghan Markle en prins Harry geskilder om hulle geluk te wens met hul tweede kleinding. Foto: twitter  ~ 

JULLE, iemand moet so gou moontlik Lebani Sire­nje, oftewel Rasta, se verfkwas by hom afneem.

Hy kan Mzansi mos nie só in die oë sit nie.

Die Suid-Afrikaanse kunstenaar het nou weer ’n portret van Meghan Markle en prins Harry geskilder om hulle geluk te wens met die feit dat hul tweede baba op pad is.

Daai twee mense wat ou Rasta geskilder het, lyk glad nie soos die koninklike ouers van Archie nie en die twieps is nie skaam om dit luid te verklaar nie.

Hoor

Een gebruiker twiet: “Rasta, my ou, hou maar daarby om dooie mense te skets, dan hoef hulle ten minste nie dit (die werke) van hulle te sien nie.”

’n Ander twiep laat hoor: “Die queen moet die royal guards­ stuur om jou te kom haal. Nee, eerlikwaar, wie is dié mense (wat jy geskets het)?” Nog een skryf: “Rasta, jou Meghan lyk asof sy huil vir hulp.”

Eish, Rasta, hou op.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters