2 maande gelede
Barakat kan spog met Oscar-toekenning
Gaan groot
Die bekroonde Kaapse fliek Barakat is Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir Oscars 2022.  ~ Verskaf

DIE plaaslike movie Barakat kan 'n kans kry om een van die grootste film-toekennings - 'n Oscar - te wen.

Die nasionale rolprent en video-stigting (NFVF) het die multi-bekroonde Multichoice film Barakat gekies as Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir die beste internasionale film, by die 94ste Oscars in 2022.

Amy Jeptha sal die vierde vroulike regisseur wees wie se film in aanmerking kom vir die Oscars deur Suid-Afrika, en die eerste vrou van kleur.

“Ek is so trots op ons klein storie oor ’n familie wat so baie mense bereik het,” sê Amy, die 2019 Standard Bank Jong Kunstenaar van die Jaar vir teater, wie ook Suid-Afrika se amptelike 2018 Golden Globes inskrywing vir Buitelandse Film, Ellen: The Story of Ellen Pakkie, geskryf het. 

“Om erkenning op hierdie wyse van Suid-Afrika te kry, is baie spesiaal na ’n ongelooflike uitdagende jaar vir ons filmbedryf.”

Barakat volg die Moslem weduwee Aisha Davids soos sy probeer om haar gebroke familie te herenig tydens Eid-al-Fitr, en die nuus breek van haar nuwe romanse.

Die Suid-Afrikaanse Rolprent- en Televisietoekennings (SAFTA) benoemde, Vinette Ebrahim (Skemerdans), vertolk die rol van die matriarg, terwyl haar vier seuns, wie steeds sukkel om die afsterwe van hul pa twee jaar gelede te verwerk, gespeel word deur Joey Rasdien (Material), Mortimer Williams (Erfsondes), Keeno-Lee Hector (The Riviera) en Danny Ross (Nommer 37).

Die res van die rolverdeling sluit in SAFTA-wenners Quanita Adams (Forgiveness) en June van Merch (Sara se Geheim), asook SAFTA-benoemdes Bonnie Mbuli (Noughts & Crosses, Catch a Fire) en Leslie Fong (Isidingo).

Barakat is in Afrikaaps, die Kaapse dialek van Afrikaans, wat wyd deur inwoners van die Kaapse Vlakte gepraat word. Vroeër vanjaar is die aankondiging gemaak van die eerste Kaaps woordeboek wat tans in ontwikkeling is.  

Lees volledige storie in môre se Son-koerant. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters