8 dae gelede
‘Bachelor’ hunk se hart gebreek
GEBROKE: Marc Buckner is hartseer nadat sy geliefde honde gesterf het.  ~ Instagram

MARC Buckner se hart is in stukke nadat sy twee geliefde honde dood is.

Dit was ’n dubbele slag vir Marc: Albei sy honde, Luna en Siobhan, is doodgery by die promenade in Seepunt, waar hy woon.

Ons het die lieflike Luna liefgekry toe sy haar aantreklike baas in die tweede seisoen van The Bachelor South Africa help soek het na die perfekte maat vir hom.

Marc het Luna aangeneem ’n paar maande voordat hy op sy Bachelor-reis gegaan het.

Marc en Marissa, die meisie vir wie hy aan die einde van The Bachelor SA sy laaste roos gegee het, het saam vir Siobhan aangeneem nadat hulle hul verhouding amptelik gemaak het.

Marc het op Instagram gesê sy hart is nog te seer om oor sy verlies te praat.

“Dankie aan almal vir die boodskappe.

“Ek is net so gebroke en kan nie nou daarop reageer nie,” het hy gesê.

HARTSEER: Die honde Luna en Siobhan is dié week doodgery. Foto: Instagram.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters